CrimeEditor's noteLocal newsNews

Waarskuwing: Wees versigtig as iemand jou voertuig lig stamp, dit is moontlik ‘n lokval

Die Brakpan SAPD het ‘n dringende waarskuwing aan motoriste gerig nadat ‘n tendens nou in die dorp kop uitgesteek het.

Verskeie voorvalle is die afgelope tyd aangemeld waar niksvermoedende motoriste net liggies gestamp word deur ‘n ander voertuig.

Die normale reaksie sal dan wees dat die motoris sal uitklim, en dit is presies wanneer rowers toeslaan.

“Mense los soms hul motorsleutels in die aansitter en los gewoonlik ook die motor se deur oop,” het kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, gesê.

“Waardevolle besittings word binne ‘n oogwenk uit die motor gesteel en die voertuig kan natuurlik ook gesteel word.

“Die mense wat hierdie tipe misdaad pleeg is goed georganiseerd en alles gebeur binne ‘n oogwenk.”

Hy het gesê dat sulke voorvalle in die omgewing van Dalpark 6 en 9, asook op die N17 aangemeld is.

Lees ook:

Truck driver, motorist left traumatised by armed robbers

Brakpan SAPS arrests 26 offenders

Keep valuables locked out of sight

Suspects in court after robbery and assualt

Keep your cellphone out of sight

Shoplifters will be dealt with

Related Articles

Back to top button