EntertainmentLifestyle

Ondersteun die DBV

Motorfietsryers, motorfietsklubs en die publiek word uitgenooi om vanjaar deel te wees van die “Animal Run 2015”, wat op Sondag, 30 Augustus, by die Boksburg Sagtebal Klub, langs die Boksburg Stadion, gehou word.

Die geleentheid is ten bate van al die DBV takke aan die Oos-Rand en die doel is om soveel as moontlik troeteldierkosse, komberse en donasies in te samel vir die organisasie.

“Die geleentheid het die afgelope drie jaar baie gewild geword as gevolg van die motorfietsryers se bereidwilligheid om ‘n verskil te maak wanneer dit by diere in nood kom,” het die organiseerder, Chris Badenhorst, gesê.

Die massa-rit vir motorfietse tot by die eindbestemming sal om 9vm vanaf die Checkers Hyper in Edenvale plaasvind.

“Alle padvaardige motorietse is welkom, vanaf die stadigste bromponie tot die vinnigste motorfiets,” het Badenhorst gesê.

“Die visie rondom die jaarlikse gebeurtenis is om bewustheid oor die DBV te verskerp en die lot van diere op die voorgrond te stel.

“Alle opbrengste en skenkings sal goed aangewend word en die Oos-Rand gemeenskap word aangemoedig om hul ondersteuning te wys en om ‘n helpende hand te verleen, terwyl hul hulself geniet.”

‘n Klein toegangsfooi sal gehef word by die Boksburg Sagtebal Klub.

Ondersteuners kan uitsien na ‘n biertent, kos stalletjies, musiek, ‘n vlooimark en nog baie meer.

Alhoewel hierdie dag oor diere gaan, is dit is nie ‘n dag vir die diere nie, en word daar versoek dat troeteldiere nie saamgebring sal word nie.

“Ons hoop dat groot getalle mense by ons sal aansluit vir ‘n prettige dag ten bate van die DBV,” het Badenhorst gesê.

Vir meer inligting, kontak vir Badenhorst by 082 458 4838, of vir Ann Martin by 082 909 5612.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button