Local newsNews

Publiek ondersteun winterprojek goed

Die Herald se winterprojek het reeds vrugte afgewerp en, danksy die goedhartigheid van die publiek, kon daar hierdie week n groot hoeveelheid warm goed aan die Ondersteuningsraad van Brakpan geskenk word.

Die Herald samel elke jaar komberse, serpe, sokkies en musse in, wat dan aan organisasies van die dorp geskenk word.

VC Spar, in Dalview, raak ook elke jaar by die projek betrokke en die publiek kan steeds bydraes in n mandjie, wat spesiaal aangebring is, gaan plaas.
Die Herald het onlangs dié mandjie by die Spar gaan leegmaak.

Die artikels, asook ander skenkings wat na ons kantoor gebring is, is Dinsdagoggend aan die Ondersteuningsraad oorhandig.
Mona Loubser, van die Ondersteuningsraad, het die skenking verwelkom en die publiek vir hul goedhartigheid bedank.

Ons werk tans aan n projek waar ons eersdaags op n Saterdag sop en komberse aan ons kliënte gaan uitdeel, het sy gesê.
Die gebreide serpe, sokkies en mussies wat ons ontvang het sal ook baie handig te pas kom.
Die publiek kan steeds nuwe of skoon, gebruikte komberse na VC Spar in Dalview neem. Serpe, gebreide sokkies en musse is ook welkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button