CrimeLocal newsNews

Soektog na vermiste man verskerp nadat bebloede duvet in veld gevind is

‘n Groot groep mense het Dinsdagoggend ‘n veld wat teen Hannahstraat, Brakpan-sentraal, grens, gefynkam in ‘n poging om ‘n 51-jarige man, wat Saterdag as vermis aangemeld is, op te spoor.

Die soektog is Maandag verskerp nadat ‘n bebloede duvet, wat die man se eiendom was, in die veld gevind is.

David John Bardsley het saam met nog ander mense in ‘n huis in Joneslaan, reg oorkant die veld, gewoon.

Hy het reeds verlede Dinsdag vermis geraak, maar die voorval is eers Saterdag by die Brakpan SAPD aangemeld.

Lede van die Brakpan SAPD, Benoni en Soweto se K9 soek-en-reddingseenhede, die Brakpan Radio Groep, asook vrywilligers het die veld Dinsdagoggend gefynkam en selfs hope grond omgedolwe.

Lede van Brakpan se anti-kapingseendheid het Maandagaand saam met kol Heidi van der Schyff van die Brakpan SAPD leidrade opgevolg en mense ondervra.

Die lede het tot laataand na meer leidrade in die veld gesoek, maar die soektog is bemoeilik deur die donker.

Daar is toe besluit om Dinsdagoggend verder te soek en die K9-eenhede se hulp is ook ingeroep.

 

Lees ook:

A victim of violence? Speak up

Projek om kinders, wat vermis raak, op te spoor

Related Articles

Back to top button