Editor's choiceEntertainmentLifestyleLocal newsNews

Wen kaartjies vir Krone 2 by Carnival City

Vyf van Suid-Afrika se top kunstenaars tree 25 en 26 Julie in Carnival City se Big Top Arena op.

Alles is slaggereed vir die Krone 2 konsert, waartydens Kurt Darren, Nicholis Louw, Ray Dylan, Heinz Winckler en Snotkop die gehoor op hul voete gaan hou.

Gaskunstenaars soos Elizma Theron, Liezel, Andriëtte, Manie Jacson en Adam Tas sal ook op die verhoog te sien wees.

Die Krone konsert is ’n moewiese saamsing-jol en daar sal meer as 100 liedjies in drie ure gesing word. Die gehoor gaan heel aand kan saamsing omdat al die liedjies se woorde op ’n grootskerm vertoon word.

Saterdag se konsert begin om 7nm en Sondag s’n om 2nm. Kaartjies is beskikbaar by Computicket vanaf R150 per persoon.

Mal oor Afrikaanse musiek? Dis hoe jy kaartjies kan wen na hierdie spogkonsert:

Drie lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen na Sondagmiddag se konsert.

Al wat jy moet doen is om ’n e-pos te stuur na brakpanherald@caxton.co.za en in minder as 30 woorde vir ons te vertel hoekom jy graag die konsert wil bywoon.

Meld die woorde “Krone 15 konsert” in die onderwerpboks en onthou om ’n kontaknommer saam te stuur.

Die kompetisie sluit Woensdag om 3nm.

Lees ook:

Krone is back with an all new sing-along show

Local acts will join George Ezra on stage

Is your school ready to perform live on stage with Pharrel Williams?

Related Articles

Back to top button