Local newsNews

Worshond maak nou ‘slegte ma’ se kinders groot

‘n Worshondjie van die Swart-gesin het onlangs tot die redding van twee bulterriër babas gekom, nadat dié hondjies noodgedwonge van hul ma weggeneem moes word.

Debbie Swart vertel dat die gesin se bulterriër onlangs die lewe aan agt hondjies geskenk het. Volgens Debbie was die teef glad nie ‘n goeie ma nie en het sy ses van die agt klein hondjies dood gebyt of dood gelê.

Uit radeloosheid het Debbie die laaste twee oorblywende kleintjies weggeneem toe hulle slegs ‘n week oud was. Sy het melk by ‘n veearts gaan koop en besluit om die hondjies met ‘n bottel groot te maak.

“Nadat ek die melk gaan koop het, het ek gewonder wat ons worshond tefie (Lola) met die kleintjies sal doen,” het sy vertel.

“Wat ‘n groot verassing. Lola het dadelik die kleintjies vanself aangeneem en is wonderlik met hulle.

“Ek het haar en die babatjies veearts toe gevat en gevra of daar iets is wat hul vir Lola kan gee om melk te ontwikkel.

”Hulle het gesê daar is niks wat kan help nie, maar in sekere gevalle, as die babatjies aan haar suig, sal sy dalk self melk ontwikkel.”

Lola het toe self melk ontwikkel en die rol as die bulterriër babas se ma oorgeneem.

“Om te dink dit is nie eers haar eie babatjies nie, en sy is so goed met hulle. Sy het toe nie eens meer my hulp nodig met die kleintjies nie,” het Debbie gesê.

“Dit is net wonderlik hoe die natuur werk en dat God diere ook geskape het.”

Video: YouTube

Kyk hier na meer foto’s

Lees ook:

Liefdevolle kat met windbuks geskiet

Chicken Fried Rat

SPCA AGM

Related Articles

Back to top button