CrimeEditor's choiceLocal newsNewsUpdate

Opvolg: Seun kom op sy vermoorde pa af

Die besigheidsman, wat Vrydagaand vermoor is, se seun het Saterdagoggend op sy pa se lewelose liggaam afgekom.

Willie Burger is Vrydagaand in sy besigheid, Easy Glass, oorval en vermoor.

Volgens die SAPD is hy met ‘n stomp voorwerp oor die kop geslaan en in die nek gesteek.

Burger se vrou, Jenny (66), het aan die Herald gesê dat hulle seun, André (42), Saterdagoggend vroeg na ‘n besigheid, langs dié van sy pa, gegaan het.

Dié besigheid, Rodders Anonymous, behoort aan nog ‘n seun van die egpaar, Owen (39).

“André het gesien dat ‘n deur by Easy Glass oop gestaan het,” het Jenny gesê.

Hy het gaan ondersoek instel en sy pa, wat reeds dood was, aangetref.

André het sy broer gaan roep en die SAPD gekontak. Volgens Jenny besit haar man die besigheid vir sowat 35 jaar.

Dit was nog altyd op dieselfde plek in Prince Georgelaan geleë.

Die Burgers het nog twee seuns, Warren (47) en Roland (45).

Enigiemand wat moontlik iets gesien of gehoor het, word versoek om dadelik die Brakpan SAPD by 011-744 4940 te kontak.

Die begrafnis van Willie Burger vind Vrydag (10 Julie), om 11vm, vanuit die NG Kerk te 101 Gardiner Straat, Brakpan-Noord, plaas.

Lees die eerste berig hier: Besigheidsman vermoor

Related Articles

Back to top button