Local newsNews

Liefdevolle kat met windbuks geskiet (waarskuwing: foto onderaan kan sensitiewe lesers ontstel)

‘n Inwoner van Hoylaan is woedend nadat haar kat Maandagoggend met ‘n windbuks geskiet is.

Denise Coetzee is ‘n groot diereliefhebber en sê sy het ‘n baie goeie idee van wie die persoon is wat haar kat geskiet het.

Die dier is deur ‘n veearts ondersoek en behandel, maar vanweë die posisie van die koeël, is dit nie moontlik om dit te verwyder nie.

“Ons sal nou maar moet kyk of my kat gaan bly leef of nie,” het Denise gesê.

Sy vertel dat sy Maandagoggend opgemerk het dat die kat op die stoep vuilgemaak het.

“Dit was ook duidelik dat my kat groot ongemak verduur het, want hy het inmekaar getrek,” het sy vertel.

Sy het die kat opgetel en weer neergesit, maar hy kon nie meer op sy bene staan nie.

“Ek het aanvanklik gedink dat my dier vergiftig is en het onmiddellik na die veearts gery; die veearts het ook eers gedink dis vergiftiging, maar kort daarna het hy my gebel om te sê dat die kat geskiet is,” het Denise gesê.

X-strale is geneem, wat duidelik toon dat die klein koeël in die borskas van die kat vasgesteek het.

Die x-traal wys duidelik  waar die koeël in die kat se borskas vasgesteek het.
Die x-traal wys duidelik waar die koeël in die kat se borskas vasgesteek het.

“Om alles te kroon, het ons Dinsdagmiddag laat weer twee skote gehoor, so die persoon is steeds besig om te skiet,” het Denise vertel.

”Ek het ‘n agt-jarige seun, wat baie buite speel, en daar is ook ander kinders in die buurt.”

Denise voel baie sterk oor die voorval en beplan selfs om ‘n groep te stig wat hierdie tipe van gedrag op die voorgrond kan bring.

Sy het ook die voorval by die Brakpan SAPD en by die Brakpan Dierebeskermingsvereniging aangemeld.

“’n Dier kan nie praat nie en niemand het die reg om ‘n dier te skiet omdat hy sy instinkte volg nie,” het sy gesê.

Die koeëlgaatjie aan die kat is duidelilk sigbaar.
Die koeëlgaatjie aan die kat is duidelilk sigbaar.

Lees ook: 

Leser se pyn oor kat wat vir dood gelaat is

Unwanted guests sneak around the neighbourhood

Related Articles

Back to top button