CrimeEditor's noteLocal newsNews

Waarskuwing: Diewe vind deurentyd nuwe maniere om jou geld te vat

Die verstommende maniere waarmee skelms vorendag kom om ‘n mens te beroof, raak by die dag net meer kreatief en kommerwekkend.

Verlede week is ‘n voorval by die Brakpan SAPD aangemeld waar ‘n vrou op ‘n baie slinkse manier van R10 700 en ander persoonlilke besittings beroof is.

Die vrou het die kontant by die Standard Bank in Voorrtrekkerweg gaan onttrek en is waarskynlik dopgehou.

Ongeveer ‘n blok verder het sy gesien hoe ‘n ander vrou “baie” geld vanaf die sypaadjie optel. Dié vrou het aan haar gesê om haar te help om die geld op te tel en dan kan hulle dit deel.

Die niksvermoedende vrou het so gemaak en die twee vroue het verder gestap, met die geld wat op die sypaadjie opgetel is.

Op ‘n stadium het ‘n wit Renault, sonder  ‘n registrasienommer, langs die vroue stilgehou en drie mans het aangedui dat hulle van die SAPD is. Hulle het ook identiteitskaarte aan die vroue gewys.

Die vroue is beveel om in die voertuig te klim, na aanleiding van die geld wat op die sypaadjie opgetel is.

Die mans het aangedui dat hulle na die polisiestasie geneem sou word. Dit het egter nie gebeur nie.

Die vrou, wat aanvanklik geld onttrek het, is naby die Jan Smuts Dam afgelaai, maar nie voordat die R10 700 asook haar handsak met selfoon en ander persoonlike items van haar afgevat is nie.

Kapt Joep Joubert, woordvoerder vir die Brakpan SAPD het gesê dat skelms gedurig nuwe maniere op die proef stel om mense te beroof en te besteel.

Hy het aangeraai dat mense uiters versigtig moet wees wanneer hulle groot bedrae geld onttrek en verkieslik nie met vreemde mense moet praat nie.

 Lees ook:

Die verkeerde kopie kan jou in groot moeilikheid laat beland

Would-be thief confesses

Related Articles

Back to top button