Editor's noteLocal newsNews

Help ander die winter

Die winter is om die draai en vir vele is dit net nog ‘n seisoen wat moet kom en gaan.

Click here for the English version

Vir baie mense in die dorp word dié tydperk van die jaar egter ‘n stryd om oorlewing.

“Daar is baie mense wat geen ander keuse het as om saans sonder enige skuiling te slaap nie,” het ‘n sosiale werker van die dorp aan die Herald gesê.

Volgens haar is dit ongelukkig ook so dat die nood elke jaar net groter word.

“Daar is baie mense wat snags, sonder enige vorm van beddegoed, op sypaadjies en in die veld slaap,” het sy gesê.

Die Herald het ook onlangs berig oor talle mense wat snags in die wandellaan op matrasse, komberse en kartonbokse slaap.

Met die temperature wat vinnig besig is om te daal word die dae, maar veral die nagte, ‘n stryd om oorlewing vir baie mense van die dorp.

Die Herald pak elke jaar in samewerking met VC Super Spar in Dalview ‘n projek aan om die nood so ‘n bietjie te verlig.

Daar word gepoog om soveel moontlik komberse, sokkies, wolmussies, serpe en kouse bymekaar te maak.

In meeste huishoudings is daar ‘n kombers of duvet wat nie meer gebruik word nie. Daardie einste item kan gedurende die winter ‘n groot verskil in die lewe van ‘n behoeftige persoon maak.

Ons vra dat die publiek nuwe of skoon, gebruikte komberse, wolmussies, serpe en handskoene, asook nuwe sokkies (selfs gebreides) sal skenk.

VC Spar in Dalview het ‘n kollektepunt vir die projek beskikbaar gestel.VC Super Spar

 

Daar is reeds ‘n mandjie in die winkel aangebring, en die publiek kan hul skenkings daar gaan aflaai.

 

Ons versoek vriendelik dat die goedere in ‘n goeie toestand en skoon sal wees, en dat die publiek nie vir hiérdie projek tweede handse klere sal skenk nie.

Die items wat ingesamel word sal aan welsynsorganisasies van die dorp oorhandig word, waarna dit dan onder minderbevoorregte en behoeftige persone versprei sal word.

Lees ook:

Help those in need

Sit Vrydag jou beste voetjie voor vir ‘n goeie doel

Related Articles

Back to top button