Editor's choiceLettersOpinion

Leser se pyn oor kat wat vir dood gelaat is

Michelle Gerber, van De Villiersstraat, Brakpan-Noord, skryf: Ek het onlangs weer besef dat daar hartelose mense in hierdie wêreld is.

Ek het op 21 Mei wakker geword en gegaan om my kat kos te gee, soos elke oggend.

Ek het toe besef dat hy nie in die huis is nie, wat baie ongewoon is, omdat hy nog altyd ‘n huiskatjie was en nie sommer buite rondgedwaal het nie.

Toe ek buitekant toe gaan om te kyk waar hy is, sien ek hom in die pad lê.

Gewoonlik reageer hy dadelik as hy my hoor, maar hy het die keer net bly lê.

Ek het dadelik besef iets is fout en het na hom toe gehardloop. Ek moes my kat se lewelose lyfie van die pad af op tel en met hom in my huis in hardloop. Hy was nogsteeds warm.

Hierdie was nie net ‘n gewone kat nie; hy was my en my man se kind. Dit voel asof ‘n stuk van my hart doodgegaan het saam met hom.

My groot pyn is dat wie ookal hom met hulle kar gestamp het (reg voor 15 De Villiersstraat, in Brakpan-Noord), nie eers die moeite gedoen het om vir ‘n oomblik stil te hou en rond te vra wie se kat dit is nie.

Dit was reg voor my huis, so die persoon sou nie eers baie moeite moes doen om die eienaars op te spoor nie, maar nee, dis deesdae te veel gevra om jou medemens te help.

Dis onmenslik en ek wens hierdie tipe pyn vir geen persoon toe nie.

Yoda, my katjie, was onsettend spesiaal en ons mis hom verskriklik.

Om te weet dat ek hom dalk kon red, as die persoon nie net aangery het en hom vir die dood gelos het nie, breek my heeltemal.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button