CrimeLocal newsNews

Tronkstraf vir huisrower

‘n Inwoner van Zola, in Soweto, het sy rieme uiteindelik in die Brakpan Landdroshof styf geloop.

Bongani Mnisi (38) is op 13 Mei skuldig bevind aan huisbraak, en is gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf, waarvan drie jaar opgeskort is vir vyf jaar.

Hy is ook gewaarsku dat hy as gewoontemisdadiger verklaar kan word.

Mnisi het erken dat hy elektroniese ware, asook ander huishoudelike items en juwele ter waarde van R50 000 gesteel het, toe hy by ‘n huis in Porterlaan, Brakpan, ingebreek het.

Hy het ook twee vorige veroordelings vir huisbraak, asook twee vir die besit van huisbraak implemente.

Mnisi is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te mag besit.

Streekhof landdros Pieter du Plessis het voorgesit, terwyl die aanklaer George Makhudu was.

Zaheer Kathrada, van Regshulp Suid-Afrika, het vir Mnisi verdedig.

Verwante artikel: Buitelander gevonnis oor kaping

Related Articles

Back to top button