Local newsNews

Polisie waarsku: kwadfietsryers kan in die sop beland

Persone wat roekeloos op kwadfietse rondry en op plekke ry waar kwadfietse nie hoort nie, kan vir hulself groot probleme op die hals haal.

Die Brakpan SAPD het, by monde van kapt Joep Joebert, ‘n ernstige waarskuwing gerig aan kwadfietsryers wat kanse vat.

“Die SAPD ontvang weekliks, maar veral oor naweke, klagtes van die publiek oor onverskillige kwadfietsryers,” het Joubert gesê.

“Ons wil niemand se plesier van hulle ontneem nie, maar kwadfietsryers moet besef dat padreëls ook vir hulle geld.

“Natuurlik is daar diegene wat streng by die reëls bly en die wet gehoorsaam, maar daar is beslis ‘n handjievol wat dink hulle is bo die wet verhewe wanneer hulle op ‘n kwadfiets klim.

“Die fietse mag nie op openbare paaie gery word nie en ons kry gereeld klagtes van die publiek waar kwadfietsryers oor hul sypaadjies jaag.”

“Dit blyk ook dat daar ryers is wat glo dat dit nie nodig is om valhelms te dra nie.”

Joubert het bygevoeg dat ‘n ryer se kwadfiets gekonfiskeer kan word en dat, indien ‘n persoon hom- of haarself skuldig maak aan roekeloosheid, daar nie geskroom sal word om dit te doen nie.

Lees ook:

Twee mans in Minnebron geskiet na geveg oor kwadfiets wat stof maak

Related Articles

Back to top button