Editor's choiceLocal newsNews

Gru-ongeluk eis motorfietsryer en pa van twee jong kinders

‘n 28-Jarige motorfietsryer het Vrydagaand in ‘n gru-ongeluk, in Farquharsonweg, gesterf.

Die ongeluk het om ongeveer 7.30nm plaasgevind, op die brug net voor Sonneveld.

Volgens inligting was twee voertuie en ‘n motorfiets betrokke.

Daar was ook ‘n tweede motorfiets, maar dit was nie self in die botsing betrokke nie.

Jaco Boshoff, van Elsburg, is op die toneel dood. Sy beserings was, volgens sy skoonsuster, Adelle Boshoff, geweldig en die pad is lank afgesper om nuuskieriges weg te hou.

‘n Omstander het wel aan die Herald gesê dat dit een van die grusaamste ongelukke was, wat hy nog ooit gesien het.

Volgens Adelle was Jaco en ‘n vriend, Kevin Brits (31), by Jaco se broer, Christo (30), se huis in Minnebron.

Jaco en Kevin het vandaar, elk op hul eie motorfiets vertrek, toe die ongeluk plaasgevind het.

‘n Wit Polo met drie insittendes en ‘n Nissan Skyline, met twee insittendes was ook betrokke.

Volgens inligting is die insittendes van dié voertuie nie beseer nie.

Jaco was met Ina Boshoff getroud en hulle het twee kinders, Claudia (9) en Tiaan (5). Jaco het ook ‘n ouer seun Juan-Clay Boshoff (12).

“Ons is almal nog in ‘n toestand van skok. Dit is baie tragies wat gebeur het,” het Adelle gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button