Local newsNews

Vrou (62) trek groot karp uit by Brakpan Dam

‘n 62-Jarige inwoner van Brakpan-Noord, wat onlangs nie regtig beplan het om vis te vang nie, het ‘n reuse karp van oor die 10kg by die Jan Smutsdam gevang.

Ginnette Vorster en haar verloofde, Hennie Botha, het Saterdag na die Jan Smutdam gery om net bietjie te ontspan.

“Ons het visstokke saam geneem, want ons albei vang vis, maar ons het nooit gedink dat ons eens ‘n byt sou kry nie,” het Ginnette gesê.

Haar stok was nie lank in die water nie, toe byt die reuse karp . Na ‘n bietjie van ‘n gespook het Ginnette die mooi skoon vis naby die wal gekry.

“Ons het nie eens ‘n skepnet gehad nie en moes inderhaas een leen,” het sy gesê.

“Ek was regtig verbaas, want almal sê altyd dat daar nie vis in die Brakpandam (Jan Smutsdam) is nie,” het sy bygevoeg.

“Ons vang gereeld by ander damme en Saterdag het ons sommer net besluit om ‘n draai by die Brakpan Dam te gaan maak.”

Ginnette het die vis aan die weldoener, wie se skepnet sy geleen het, gegee.

Lees ook  hier hoe ‘n 17-jarige tiener van die dorp die grotes uittrek.

Teresa trek die grotes uit en vertel hoe

Related Articles

Back to top button