CrimeEditor's choiceNews

FOTO’S EN VIDEO: Twee mans in Minnebron geskiet na geveg oor kwadfiets wat stof maak

Twee mans in hul 40s is Dinsdagaand in Minnebron geskiet, nadat daar ‘n erge bakleiery uitgebreek het oor ‘n kwadfiets wat glo stof gemaak het.

Beide die mans is in die maag gewond.

Die persoon, wat na bewering die skote afgevuur het, is op die toneel gearresteer.

Die drama het laat Dinsdagmiddag ontvou toe ‘n 18-jarige vrou, Casey Leigh Peterson, en haar 18-jarige vriend Clinton (van onbekend) met ‘n kwadfiets in ‘n veld, wat aan Carneystraat grens, gery het.

Volgens inligting van die SAPD het die eienaar van ‘n huis in Carneystraat, Robert Venter (44), uitgegaan en glo die jong mense versoek om nie in die veld te ry nie, aangesien dit stof maak.

‘n Argument het blykaar ontstaan. Venter se vrou, Carol, het volgens inligting ‘n sekuriteitsmaakskappy ontbied.

Intussen het die argument voortgegaan en Venter het na bewering ‘n baksteen of groot klip opgetel, wat hy na die jong mense gegooi het.

Kyk hier na ‘n video wat op die toneel geneem is:

Die SAPD het aan die Herald gesê dat Casey Leigh glo haar pa, Steven Cloete (48), asook haar oom, Braam Heysteck (40), en broer, Juandré Cloete (ouderdom onbekend), gebel het.

Toe die drie mans by die huis aankom, het ‘n verdere bakleiery glo tussen hulle, asook die huiseienaar en die persoon van die sekuriteitsmaatskappy ontstaan.

Tydens dié struweling het die persoon van die sekuriteitsmaatskappy na bewering drie skote afgevuur. Beide Cloete en Heystek is in die maag gewond.

Paramedici is na die toneel ontbied en die twee mans is gestabiliseer voordat hulle na ‘n hospitaal in Alberton vervoer is.

Volgens die SAPD sou die 47-jarige man van die sekuriteitsmaatskappy vandag (Woensdag) in die Brakpan Landdroshof verskyn op twee aanklagte van poging tot moord, asook ‘n aanklag van die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n munisipale gebied.

Meer foto’s:

Related Articles

Back to top button