Editor's choiceLettersOpinion

Honde erg getramatiseer deur vuurwerke

Diereliefhebber van Brenthurst skryf: Vanjaar het sommige mense in Brenthurst heeltemal kop verloor.

In al die jare, wat ons in die buurt bly, het ek nog nooit soveel vuurwerke op oujaarsaand gehoor nie.

Ek kan my woede nie sterk genoeg uitspreek nie!

Gelukkig was ons by die huis anders sou ons twee honde dit beslis nie oorleef het nie.

Ek wens die idiote wat die een klapper na die ander geskiet het kon gesien het hoe ons diere te kere gaan.

Ons boerboel, wat gewoonlik buite is en nooit in die huis kom nie, het onder ‘n bed gaan inkruip en ons kon hom glad nie daasr uitkry nie.

Ons poedel het van kamer na kamer gehardloop en nie ons kon haar doodeenvoudig net nie kalmeer nie.

Beide die diere is nog steeds erg getraumatiseer en skrik vir die geringste geluidjie.

Ek het nie vooraf medikasie vir hulle gekry nie omdat dit normaalweg rustig is. Verlede jaar was ons weg en ons diere het by ‘n vriend gaan bly.

Mense word in die media (radio,  koerante, facebook, twitter en televisie) gemaan om nie vuurwerke af te vuur nie maar daar is belis mense wat hul absoluut glad nie daaraan steur nie.

Die enigste oplossing sal wees as die verkoop van vuurwerke heeltemal verban kan word.

Nie eens gelisensieërde handelaars moet toegelaat word om dit te verkoop nie.

Ek wonder of ek die enigste persoon is wat so voel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button