Editor's noteLocal newsNews

Pienk-projek kom tot ‘n einde

Die Pink Trees for Pauline-projek het tot ‘n einde gekom en dit is tyd om die pienk materiaal, wat die afgelope tyd honderde bome in die dorp versier het, af te haal.

Die Herald het die projek, ter bewusmaking van kanker, ondersteun en gepoog om soveel moontlik van die palmbome in Prince Georgelaan in pienk te tooi.

Talle besighede, organisasies en individue het daartoe bygedra dat die Herald die projek kon aanpak.

‘n Kanker Ondersteuningsgroep van Springs het die Pink Trees for Pauline inisiatief in Brakpan aangemoedig, met baie goeie resultate.

Dit is egter nou tyd om die materiaal af te haal.

Persone wat wil, kan hul materiaal terug skenk, waarna dit aan die organisasie Reach for Recovery geskenk sal word.

Dit sal dan gebruik word om kussings te maak, asook dreineringssakkies vir vroue wat mastektomies ondergaan.

Persone wat verkies om die materiaal wat hulle aangekoop het te hou, is natuurlik welkom om so te maak.

Die Herald bedank graag die volgende, besighede, organisasies en individue wat die projek ondersteun het:

Oosrand Eiendomme, Doves, Centre Line Office National, Home Divas, Best Prospects, Group 101, Mari van Zyl Eiendomsagent, Kinderkinetika, Laaities en Ladies, Young Nails, Coastal Hire, Hairlicious, The Full Monty, Jack’s Paint, Brakpan Liquor Store, GE Funerals, Hippo’s, Nail Girlz, Paul James Hairdressing, Hoërskool Die Anker, Appeliefie Tuisnywerheid, Perry’s Supermarket, Buks Croucamp, Daniella’s Coffee Shop, Dalvet Animal Clinic, House of Cleaning, Devon Hulpsentrum, John Dore Carpets, Epot Travel, Professional Touch, Die Varkoor Hair & Beauty, Jolly Jumbo Kleuterskool, Die Brakpan SAPD, Marcéll Kock, Hester en Ben, Johan Voster, C Vivian, Nové Fritz, Diha Schoeman, Desireé Swart, Sandra Viljoen, Pauline Labuschagne, Mary-Ann Nieman, Meisie van Aardt, Sanet Botha, Anton Lues, Pieter Venter, Jeanette Trethewey, Helen White, Mariana Gebhardt, Michelle Smith, Lario Greyling, Minda, Maryna, Santjie Coetzee, Doreen Stoltz, Sara Swanepoel, Mimi Potgieter, Petro, Gerda Deetlefs, Margaret Bielovich, Henriëtte van der Merwe, Elize Pienaar, Demi Consales, Sarlene Pieters, Pauline, Ancel Morgenrood, Ria Engelbrech en Jannie Buitendag.

Related Articles

Back to top button