Local newsNews

Klubs en organisasies in die dorp sterf uit

Die Bizzie Lizzie Sosiale Klub het Maandagoggend vir oulaas vergader.

Die klub het besluit om, ondermeer weens ‘n gebrek aan lede, nie voort te gaan om maandeliks te vergader nie.

Met die ontbinding van dié klub bly daar bitter min sosiale klubs of organisasies in die dorp oor.

In die verlede was daar ten minste elke week iewers ‘n vergadering of byeenkoms wat goed deur die publiek ondersteun is.

Oor die afgelope paar jare het die een na die ander klub se deure egter gesluit.

Organisasies soos Rotary, Round Table, die Good Companions, die Brakpan Horticultural Society, Dames Aktueel en Die Sakekamer  is sommige van dié wat nie meer bestaan nie.

Marge Wilkinson, voorsitter van die Bizzie Lizzies, het gesê dat dit ‘n groot jammerte is, maar dat daar net nie genoeg lede was om die klub aan die gang te hou nie.

Die klub het maandeliks by die Eric Holdtman Dienssentrum bymekaar gekom en ‘n spreker bekom, wat oor een of ander interessante onderwerp gesels het.

Die Herald is bewus daarvan dat die Vroue Landbou-unie en die Homecrafs Society steeds maandeliks vergader.

Indien daar enige ander nie-winsgewende klubs of organisasies (uitsluitende sportklubs) is wat steeds in Brakpan bedrywig is, kan hulle vir Thelma Koorts by 011 740-1825 kontak.

Related Articles

Back to top button