Editor's choiceLocal newsNews

Jong kinders histeries toe vergifte hond in huis sterf

Charmaine Lourens (52) was Maandagoggend woedend toe die gesin se boerboel vergiftig is.

Die gemene daad was, volgens haar, erg genoeg, maar die feit dat talle jong kindertjies die sterwende dier se lyding moes sien het haar warm onder die kraag gehad.

Charmaine vertel dat sy om 8vm in haar huis in Queenslaan doenig was toe sy opmerk dat die boerboel, wat dragtig was, by die huis inkom.

“Daar het baie skuim by die dier se bek uitgeloop en sy het reguit na my skoondogter, Geraldine Lourens, se kamer gesukkel,” het Charmaine vertel.

Die hond, wat aan Geraldine behoort, het net-net die kamer gehaal waar dit neergeval en gesterf het.

“Daar was op dié stadium jong kinders in die huis en hulle het nie mooi verstaan wat aangaan nie.

“Ons het hulle probeer weghou van die hond en probeer verduidelik maar dit was baie ontstellend en die trane het behoorlik geloop,” het Charmaine gesê.

Charmaine het dadelik die erf gaan fynkam, aangesien daar ander honde op die perseel is, en sy het meer vleis met gif (“Two Step” of aldicarb) daarin gevind.

“Die hond was nie eens vir vyf minute buite nie. Ek kan nie glo dat die gif so gou gewerk het nie,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button