Editor's choiceLocal newsNews

Ongeluk eis pa, seun nog kritiek

‘n 46-Jarige inwoner van die dorp is Saterdagoggend noodlottig beseer in ‘n ongeluk, terwyl sy seun (23) ernstige nekbeserings opgedoen het en moontlik verlam kan wees.

Die ongeluk het om ongeveer 10.30vm op die ou Lokasiepad plaasgevind.

Jan Marais was aan die stuur van die Toyota RXi en het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor.

Hy en sy seun, Juan, is beide uit die voertuig, wat gerol het, geslinger.

Jan is op die toneel oorlede en Juan is met ernstige nekbeserings per helikoper na die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johannesburg vervoer, nadat hy op die toneel gestabiliseer is.

Juan het eers Maandagaand gehoor dat sy pa, wat ook sy beste vriend was, oorlede is.

Volgens Jan se vrou, Gerda, het hy Saterdagoggend van sy werkplek in Kemptonpark af gekom en vir Juan gaan oplaai om ‘n familielid in Taftlaan te gaan besoek.

“Ons is nog nie presies seker wat gebeur het nie, maar ons weet dat die kar gerol het en dat my man en seun beide uit die voertuig geslinger is,” het Gerda gesê.

Nooddienswerkers was gou op die toneel en ‘n helikopter is ontbied om die erg beseerde Juan na die hospitaal te vervoer.

Volgens Gerda, wat sedertdien byna pal langs haar seun se hospitaalbed is, is daar ‘n moontlikheid dat hy permanent van sy nek af ondertoe verlam sal wees.

“Ons gaan egter nie moed opgee nie en ek hoop en ek glo dat my seun sal regkom,” het sy gesê.

Juan sou Dinsdagoggend ‘n operasie aan sy nek ondergaan.

“Ek glo dat die resultate positief sal wees,” het Gerda aan die Herald gesê.

Volgens haar was pa en seun onafskeidbaar.

Die oud-leerder van Hoërskool Die Anker het alles saam met sy pa gedoen.

“Hulle was groot vriende en het ‘n seldsame en hegte verhouding gehad,” het Gerda gesê.

Die Marias-gesin, wat die afgelope 24 jaar in Brakpan woon, het ‘n groot vriendegroep en baie mense het op sosiale media hul meegevoel met Gerda gedeel.

Sy en Jan het ook twee dogters, Lizelle (20) en Mareika (14).

Teen druktyd was die begrafnisreëlings nog nie gefininaliseer nie.

“Dit is oor twee weke ons 24ste huweliksherdenking en as ek dit kan bewerkstellig sal ek graag wil hê dat my liewe man op dié dag begrawe moet word,” het ‘n hartseer Gerda gesê.

Related Articles

10 Comments

  1. Jean ons hoop en bid j is oky sterk wc ons bid vir jou en jou familie in die moelike tye jou pa was n great en stuning mens in ons dorp hy sal onthou word deur bja mense en gemis word jean recover vinnig dit breuk my om jou so te sien

  2. Thinking and praying for you both, Aunty Gerda and Jaun. God is beside you every step of the way. Keep fighting Jaun!!! RIP Oom Jan, A LEGEND of a dad.

  3. Jaun ek bid vir jou dat jy ten volle sal herstel en gesond sal word.Sterkte aan tannie Gerda en die meisies vir julle hartseer,ek bid dat ons Pappa Vader julle almal sal dra in hierdie tyd.

  4. Gerda jammer om te hoor god staan by jou deur die moeilike tyd en glo vas jaun sal aanvorder en herstel hou jul in oz gebed

  5. Ai tannie. Ek was 2jaar terug deur polisie gestamp in brakpan en is verlam. Ek weet waardeur tannie hulle gaan. Laat n gebed groep daaer vir hom gaan bid asb. Dit gaan n verskil maak. Ek sou graag met tannie wil praat. Sterkte!

  6. Ai Gerda Jannie was vir my soos n broer en Juantjie soos my eie seun. Weet julle is in my gedagtes en gebede. Die genade van ons groot Vader is oneindig sterk. Nooit geloof verloor nie. Juantjie sal aan sterk en gesond word.

  7. Janneman, jy was altyd die lewe van ons kuiertjies gewees. ek het vandag gaan kyk waar dit gebeur het en my hart het gebreek. daars woede en hartseer. jy was n pa tot die laaste sekond dat jy juan uit die pad uit kon gooi dat die kar net op jou val. Juan sal deur dit kom, want hys nou die man in die famielie. Gerda sal okay wees, want ons sal seker maak dat as ooit iets kort ons daar sal wees vir haar, ek, audrey en schalk sal nie toelaat dat sy kort nie. Jy kan maar in vrede rus ou bul, als is in order hier. Juan sal deur kom want hyt geleer om sterk te wees by jou. ons mis jou en jou grappe. jy sal altyd in ons harte wees

  8. My oom Jannie, ons sal oompie mis! Jauntjie sal okay wees , ons sal nie opgee en moed veloor ni! Dokters is net die instrumente waarmee pappa Jesus werk! Enige iets is moontlik want God is groot en almagtig en kan groot wonerwerke verrig! Wat ons spreek sal gebeur! Ons familie sal deur hierdie nare ding kom want daar is altyd lig iewers aan die einde van die donker! En ek wil net se as die oom dit lees, al het oom Jan en Jaun safety belts gedra was altwee dalk eers dood wnt daai kar se dak is redelik plat! Lief jou baie oom Jan en my nefieQ Jaun!

Back to top button