LettersOpinion

Polisie se optrede beïndruk

"Inwoner van Brenthurst" skryf:

Ek wil graag deur middel van die koerant my groot waardering teenoor twee lede van die Brakpan SAPD uitspreek.

Daar het onlangs ‘n vreemde man by my woning in Tweedyweg opgedaag en gevra vir water.

Ek was binne in die huis en het vir hom gewys waar daar ‘n kraan in die erf was. Ek weet ek moes dit eintlik nie doen nie, maar ek het jammer gevoel vir die man.

In my erf lê daar twee lang en swaar stukke staal wat ons nog wil gebruik om ‘n motorafdak op te rig.

Toe ek weer sien het die man een van die stukke staal opgetel en was hy besig om by die erf uit te loop.

Ek het ‘n alarm geaktiveer en hy het geskrik, die staal neergegooi en weggehardloop.

Ek het dadelik die sektor vier polisievoertuig geskakel en die twee polisiebeamptes was baie gou by my huis.

Konst Tala en Matemmotsa (voorname nie bekend) was vriendelik en behulpsaam.

Ek het verduidelik wat gebeur het en die twee polisiemanne het die swaar staal na my agtererf gedra, sodat dit nie meer sigbaar was vanaf die straat nie.

Hulle het nie gehuiwer om hul hande vuil te maak en vir my ‘n groot guns te doen nie.

Dit is voorwaar fantastiese diens van ons polisie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button