Local newsNews

Verjaarsdag vreugde vir kind wie se pa na heldedaad sterf

Die jong seun het Saterdag verjaar en sy hartsbegeerte was om ‘n fiets te kry.

Dolfie Viviers, die jong seun van die man wat in April by die “groot gat” in Brakpan-Noord gesterf het, toe hy ‘n tienermeisie gered het, is steeds in die sorg van sy ouma Evelyn Viviers (58) van Hamiltonlaan.

Dolfie het Saterdag sy 10de verjaarsdag gevier en aangesien sy pa, Johan (Apie) Viviers die broodwinner was, was daar nie vooruitsigte van duur geskenke en ‘n lekker partytjie nie.

Dít is egter alles verander toe ‘n radiostasie tot die redding gekom het en gesorg het dat Dolfie het ‘n onvergeetlike 10de verjaarsdag gevier het.


Dolfie Viviers en sy ouma Evelyn Viviers het ‘n lekker ete by die Spur geniet, danksy die radiostasie.

“Apie en Dolfie het sedert sy geboorte, 10 jaar gelede, by my gebly en nadat my kind oorlede is, is Dolfie steeds in my huis, alhoewel hy kontak met sy ma het,” het Evelyn vertel.

Die jong seun het Saterdag verjaar en sy hartsbegeerte was om ‘n fiets te kry.

“Sy wens het waar geword toe die radiostasie Hot 102.7 FM vir hom ‘n fiets gegee het asook ‘n ete by die Spur en eetgoed vir almal in sy klas,” het Evelyn vertel.


Die radiostasie het ook gesorg dat Dolfie eetgoed vir sy klasmaats kon neem en sodoende ook ‘n spesiale dag by sy skool kon beleef.

“Hy mis sy pa geweldig baie en dit was vir ons ‘n moeilike vooruitsig om hierdie jaar sy verjaarsdag sonder sy pa te vier.

“Tog het hy ‘n onvergeetlike twee dae gehad, danksy die radiostasie en kan hy nie ophou glimlag oor sy mooi fiets nie,” het Evelyn vertel.

Die Herald het in April berig hoe Apie Viviers by die gat gesterf het, toe hy gepoog het om ’n tiener (14) wat geval en gegly het, te hulp te snel. (Man sterf by Brakpan “groot gat” toe hy tiener probeer red)
Beide het tot onder in die water geval.

Apie is op die toneel oorlede en die tiener het na ’n operasie aan haar skouer herstel.

Verlede week het die Herald ook berig van nog ’n vrou wat dood is toe sy by die gat afgeval het (‘Groot gat’ in Brakpan-Noord eis nog ’n slagoffer).



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

 
Back to top button