Local newsNews

Wen kaartjies vir Sonneveld Akademie se verjaarsdagfees

Drie lesers kan elkeen dubbel kaartjies wen na die skool se fees.

Sonneveld Akademie vier op 2 September die skool se 30ste bestaansjaar met ‘n lekker fees, en drie lesers staan ‘n kans om elkeen ‘n dubbel kaartjie na die fees te wen.

Die fees, wat by die skool gehou word, vind plaas vanaf 10:00 tot 18:00 en besoekers kan uitsien na stalletjies, vermaak deur verskeie kunstenaars asook heerlike eetgoed.

Feesgangers word versoek om hul eie stoele, gazebo’s en koelerbokse saam te neem. Vir diegene wat hul eie vleis wil braai sal daar vuur gemaak word.

Die ingang is R50 per persoon en R30 vir skoliere.


LEES OOK: Police vacancies invite local job seekers


Sonneveld Akademie het voorheen bekendgestaan as Volkskool Brakpan. Die naam is amptelik op 1 Januarie 2016 verander na Sonneveld Akademie.

Die skool het destyds op 6 Januarie 1993 sy deure geopen met 28 leerlinge, van Graad 1 tot 7, 4 personeellede en NS Els as eerste skoolhoof.

Die skool het aanvanklik gebruikgemaak van die geboue van die AP Kerk Brakpan. Daar was egter onmiddellik begin met die bou van fasalitiete vir die skool op die kerkterrein.

Op 31 Mei 1993 is die nuwe geboue, bestaande uit ‘n administratiewe blok, vyf klaskamers en kleedkamers, met Andrew Gerber as gasspreker, in gebruik geneem.


LEES OOK: Brenthurst Primary School’s netball aces


Saam met die beheerliggaam van Sonneveld Akademie, het die skool wegbeweeg van die BCVO kurrikulum en het die kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) begin volg.

Drie lesers kan elkeen dubbel kaartjies wen na die skool se fees. Om in aanmerking daarvoor te kom stuur ‘n e-pos na skakelbeampte@sonneveldakademie.co.za
In die e-pos moet die volgende gemeld word:

Jou naam en van, kontaknommer en waar jy woon (woonbuurt). Die volgende vraag moet ook beantwoord word:
In watter jaar is Sonneveld Akademie gestig?

Inskrywings sluit op 30 Augustus en die wenners sal telefonies in kennis gestel word.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button