Local newsNews

Groep werk hard om dorp skoon te kry

Die verskil wat gemaak is, was aan die einde van die dag baie sigbaar

‘n Groep vrywilligers, wat gereeld onooglike areas in die dorp skoonmaak was Saterdagoggend douvoordag hard aan die werk in Dalview.

Die area rondom die Dalview Tennisklub was die teiken. Alhoewel die skoonmaaksessie goed vooraf gedadverteer is, het net ‘n klein groepie vrywilligers opgedaag.

Tóg was die verskil wat gemaak is aan die einde van die dag indrukwekkend.


Marlize van Wyk het nie geskroom om ook haar deel te doen nie.

Die organiseerder van die skoonmaakgroep, Mary-Anne Ravenscroft het groot lof gehad vir Jaco van Wyk en Riaan Marais.

Jaco het ‘n trekker beskikbaar gestel vir die sny van die gras en die kleiner trekker grassnyer van Riaan het ook baie handig ingekom.

“Elke person wat opgedaag het om te help maak ‘n verskil en ons hoop dat daar in die toekoms nog meer mense sal aansluit by die skoonnmaakprojekte wat ons aanpak,” het Ravenscroft gesê.


LEES OOK: Piet Tande leer kinders van mondhigiëne

LEES OOK: RSVP for Sunward High reunion by August 7




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button