Local newsNews

Brakpan vir Brakpan deel skoolklere uit

Belinda Coetzer bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning.

Brakpan vir Brakpan (B4B) het onlangs skoolklere aan sowat 68 minderbevoorregte kinders van die dorp uitgedeel.

Gewoonlik deel dié nie-winsgewende organisasie net een keer per jaar, in die begin van die jaar, skoolklere uit maar hierdie jaar was daar meer skenkings van skoolklere as gewoonlik en kon hulle ‘n tweede keer help.

“Ons wil die gemeenskap bedank vir elke skenking wat dit moontlik maak vir ons om verskeie projekte reg deur aan te pak ten bate van die minderbevoorregte mense in ons gemeenskap,” het Belinda Coetzer, die voorsitter van B4B, gesê.

Mense wat aan B4B skenkings wil oorhandig vir hul onderskeie projekte kan vir Belinda kontak by 076 167 4328, of goedere aflaai by Hamiltonlaan 118.

Goedere wat huidig benodig word is klere, komberse, meubels, kombuisware, speelgoed en baba goedere.



LEES OOK: Kabeldiewe loop hul rieme styf

LEES OOK: Bambino project needs your help

Related Articles

Back to top button