Local newsNews

Brief: Hekmotor verdwyn gedurende kragonderbreking

Leandra Steyn skryf per e-pos.

Leandra Steyn skryf per e-pos:

Ons hekmotor is Vrydagnag gesteel toe meeste dele van die dorp nie krag gehad het nie.

Ons het nie geld om ‘n nuwe een te koop nie en dit sal baie lank vat voor ons weer een kan kry.

Hoe is dit aanvaarbaar dat ‘n mens vir amper 26 uur sonder krag sit?

Die probleem is dat ons nou elke dag ‘n teiken is.

Ek of my man of my kinders moet nou uitklim om die hek oop te stoot.

Dit is mos enige motorkaper of dief se droom want partykeer kom ons ook na donker by die huis.

Ons werk baie hard vir ons geld en dit is nie reg dat iemand ons goed kom vat omdat daar gunstige omstandighede vir skelms geskep word nie.



LEES OOK: Challenges and successes highlighted at Brakpan SPCA AGM

LEES OOK: Brief: Dirk van der Hoffweg se toestand te wyte aan waterlek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button