Local newsNews

Nuwe voorsitter vir Helpende Hand is gereeld om te help

Die 37-jarige het nie verwag om genomineer te word nie, maar het gretig ingespring.

Sonja de Bruin (37) is onlangs as die nuwe voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Brakpan-tak aangewys.

Dié inwoner van Brakpan-sentraal het onlangs eers by die tak aangesluit, maar is by die Oos-Rand streek se jaarvergadering deur haar suster, Alichia Pieterse, genomineer. Vir Sonja is dit ‘n passie om deel te wees van Solidariteit Helpende Hand.

“Ek is lief vir mense, en wil fokus daarop om mense help. Dit is ‘n deur wat God vir my oopgemaak het, en ek sal uit my pad uit gaan om mense te help,” het sy vertel.

Sonja beplan om betrokke wees by die hele gemeenskap en te help waar sy kan. Sy vertel dat sy in die aande wakker lê met idees wat in haar kop rond dwaal oor hoe om hierdie platform te gebruik.

“Daar is soveel manse wat hulp benodig en mense is so geneig om bo-oor hulle te kyk. Ek het die vermoë om vir hulle te kyk en hulle raak te sien,” het sy verduidelik.

Toe Sonja gevra is of sy gereed is vir die verantwoordelikhede wat haar voorsitterskap sal meebring het sy gesê,

“Op my eie, nee, maar solank ek God se vrede het is ek reg vir enigiets. Ek doen niks op my eie nie.”

Sonja wil die graagste vir tehuise vir geestesgestremde mense help, sowel as ouetehuise, skole, en families.

“Ek wil graag by elke kind uitkom want elke kind maak saak. Ons wil klere skenk, kospakkies versprei, en om die kind te help op ‘n Christelike manier. ‘n Kind moet altyd weet hulle is geliefd, en is altyd iets werd,” sê sy.

Ouetehuise wil sy help met groente en vrugte, maar veral bederfies om die bejaardes te herinner dat hulle ook spesiaal is en voor omgegee word.


ALSO CHECK: Slegte strook pad veroorsaak groot kopseer


‘n Streeksprojek waaroor Sonja baie opgewonde is, is die matriekafskeidprojek, waar daar voorsiening gemaak word vir behoeftige meisies.

Daar is onder andere ‘n groot verskeidenheid rokke waarvan die meisies kan kies en dan is daar ook grimeerkunstenaars, haarkappers en naeltegnikuste beskikbaar om die meisies mooi te maak vir hul matriekafskeid.

Sonja het nie verwag om genomineer te word nie, maar het gretig die posisie aanvaar.

“Ek wil net help. Ek wil absoluut niks vir myself doen nie. Alles gaan net vir my medemens.”



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button