CrimeLocal news

Weldoener skenk mobiliteit-bromponie om gesteelde een te vervang

Die lewenslustige motorwerktuigkundige kan nou weer sy lewe voluit leef.

Johan Aspeling, wie se mobiliteit-bromponie onlangs reg voor sy huis in Queenlaan gesteel is, het weer rede om te glimlag nadat ‘n weldoener haar bromponie, wat sy tydelik gebruik het na ‘n heup-operasie, aan hom geskenk het.

Die Herald het verlede week berig oor die voorval waar die bromponie gesteel is. (Dief steel man se mobiliteit-bromponie).

Daarin is berig dat Johan die bromponie gebruik om sy werk te doen, en dat hy na die diefstal nie met sy werk kon volhou nie.

Johan werk as ‘n motorwerktuigkundige, en het ETDP (education, training and development practices) kwalifikasies.


LEES OOK: Dief steel man se mobiliteit-bromponie


Met die nuwe bromponie, waarvan net die battery moes vervang word en die wiel opgepomp moes word, kan Johan weer voortgaan met sy werk.

Johan werk aan baie voertuie en het ‘n paar projekte en herstelwerk aan ou voertuie om af te handel.
Hy het ook al aan baie interessante motors gewerk soos ‘n Prius wat hy gereeld diens.

Sy stokperdjie is om met sy bromponie na al die pandjieswinkels in die dorp te gaan en rond te snuffel vir ‘n winskopie.

Die pandjieswinkel eienaars ken hom goed en toe die nuus breek dat sy bromponie gesteel is, was almal dadelik op die uitkyk vir enigiemand wat sy bromponie wou verkoop.


LEES OOK: SANBS calls for donations amid dwindling stock


Van die pandjieswinkels wat voorheen ontoeganklik was, weens nou gangetjies en geen opritte nie, het selfs intussen rakke geskuif en opritte bygevoeg om vir Johan die winkels meer toeganklik te maak.

Tog sukkel Johan steeds, aangesien baie sypaadjies in die dorp verwaarloos is, wat veroorsaak dat sy bromponie vashaak.

Hy sukkel ook baie met mense wat ongeduldig raak vir sy bromponie se lae spoed en hom dan uitskel as hy voor hulle beweeg.

Hy vra dat die publiek net meer geduldig en empaties sal wees met gestremde mense, want dis nie hulle skuld dat hulle in die situasie is waarin hulle is nie.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button