Local newsNews

Laerskool Brakpan-Oos se nuwe gelukbringer kry naam

Dié vriendelike woef se naam is onlangs aangekondig.

Daar was groot opgewondenheid by die Laerskool Brakpan-Oos toe die skool se nuwe gelukbringer se naam Maandag bekend gestel is.

Die naam waarop besluit is, is Max. Dit is voorgestel deur leerders in die skool waarna dit deur die skoolbestuur goedgekeur is.

Dit is afkomstig van Maximus wat beteken ‘die grootste’ (the greatest).

“Ons is baie trots op Max, wat nog vir groot dinge by ons skool gaan sorg,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

Leerders wat die naam voorgestel het is bederf met ‘n geskenkbewys van die skool se snoepie.


ALSO READ: Walls and walls of cars

ALSO READ: Young and old cancer survivors celebrated at Relay for Life




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button