Local newsNews

Brakpan DBV benodig troeteldierkos

Droë sowel as blikkieskos word dringend benodig.

Die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ‘n versoek aan die publiek gerig vir skenkings van troeteldierkos.

Enige skenkings van droë, sowel as blikkieskos vir honde en katte is nodig aangesien die kosvoorraad by die DBV tans min is.

Die aflaaipunte is by die Brakpan DBV asook die Devon Hulpsentrum en by die VC Superspar is ’n mandjie om skenkings in te plaas.

As jy verkies om ’n finansiële bydrae vir kos te maak, is die bankbesonderhede soos volg:

-Standard Bank
-Rek: 020 922 094
-Tak: 012 042
-Verwysing: Food

Die DBV kan by 011 742 2007 gekontak word.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button