Local newsNews

Publiek ondersteun baba se ouers

Die geleentheid is deur Brakpan4Brakpan georganiseer.

‘n Fondsinsameling is Saterdag gehou ten bate van die mediese onkoste van Zanika Reynecke, wat onlangs oorlede is.

Die Herald het in November berig oor die baba wat op 23 Augustus met Hipoplastiese linkerhartsindroom (HLHS) gebore is (Zanika kry haar engelvlerke).

Zanika is op 14 November oorlede, juis toe haar ouers Zandra (23) en Jeandré Reynecke (29) in die proses was om

‘n fondsinsameling te reël om enorme mediese onkostes te dek.

Die geleentheid, wat by Cosy Corner in Brenthurst plaasgevind het, is deur Brakpan4Brakpan georganiseer.

Verskeie stalletjies, ‘n uitstalling van klassieke voertuie asook van ‘n Buggy-klub, ‘n veiling en ‘n kleurfees was aan die orde van die dag.


LEES OOK: Kersvader se bakkie maak weer vanjaar die rondtes


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button