Local newsNews

Kersvader se bakkie maak weer vanjaar die rondtes

Norman se kers-bakkie maak al vir die vyfde jaar die rondte in Brakpan en Springs.

Brakpan inwoner Norman Hunter (53) sal vanjaar vir die vyfde jaar in sy Kersfees bakkie in die strate Brakpan en Springs te sien wees.

Kersvaders sal ook weer saam met hom op sy pos wees en natuurlik sal daar weer vrolike Kersmusiek weergalm terwyl kinders speelgoed en lekkernye ontvang.

Jonk en oud geniet hierdie verskynsel elke feesseisoen en vir Norman is dit belangrik om vreugde te bring waar ook al hy ry.

“Ek doen dit om die kinders gelukkig te hou,” het hy vertel.

Dit neem hom drie dae om die bakkie te versier en mense bel selfs om seker te maak hy gaan by hulle straat ‘n draai maak.

Die projek het begin met ‘n ou Volkswagen, totdat hy sy kenmerkende blou bakkie begin inspan het vir die doel.

Sy teenwoordigheid by die Just Wheels Motorklub het Sondag groot reaksie ontlok en dit was veral die kinders wat baie opgewonde was om die versierde bakkie met Kersvader van naby te kon sien.


LEES OOK: Just Wheels dishes up a packed day of fun


Volgende jaar hoop Norman om takbokke op sy bakkie aan te bring. Norman maak staat op skenkings van speelgoed en lekkernye om hierdie projek aan die gang te hou.

Skenkings van diesel, lekkernye en blikkieskos word verkies maar enige skemking is welkom.

Indien daar mense is wat skenkings wil maak of verneem watter roete Norman volg kan hy by 072 307 3926 gekontak word.

Related Articles

Back to top button