Local newsNews

AfriForum-buurtwagte hou patrollie om sigbaarheid te bevorder

‘n Groot doel van die nasionale patrollie, wat gereeld plaasvind, is onder andere om samewerking tussen veiligheidsrolspelers op plaaslike vlak te verbeter.

Die AfriForum-buurtwagte in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies Vrydagaand ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep.

Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.

Die strate van Brakpan is ook gepatroleer en AfriForum is bygestaan deur onder andere die plaaslike GPF, Dalpark Huiseienaarsvereniging, noodienste, kleiner onafhanklike buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye waaronder EA24, Minatlou Protection Services, Prosafe en Secure Tech Sekuriteit, die Brakpan SAPD, asook raadslede.


LEES OOK: Poeier spat by fondsinsameling


In Gauteng, Limpopo en Mpumalanga het 618 patrolleerders altesaam 33 083.25 km in 212 voertuie afgelê.

Die doel van die nasionale patrollie is om gemeenskappe teen misdaad te mobiliseer en om hoë sigbaarheid te handhaaf.

‘n Groot doelwit van die nasionale patrollie, wat gereeld plaasvind, is onder andere om samewerking tussen veiligheidsrolspelers op plaaslike vlak te verbeter.


LEES OOK: Paws & boots together on the ground fighting poaching

Related Articles

Back to top button