Local newsNews

Fondsinsameling word vir beseerde kleuter beplan

Verskeie kunstenaars sal deur die loop van die dag optree.

‘n Fondsinsameling word volgende Saterdag (18 Junie) vir Marno Muller (5) gehou.

Marno is die afgelope twee weke in ‘n kritieke toestand in die Netcare Garden City Hospitaal in Johannesburg.

Dit volg nadat die kind by sy kleuterskool in Brakpan glo by ‘n glyplank afgegly het, terwyl die toutjie van sy kappietop verstrengel geraak het.

Dit het stywer om sy nek getrek en daartoe gelei het dat hy verwurg het.

Die fondsinsameling, ten bate van mediese onkostes, sal plaasvind by Hippo’s Waterfront te Elliotweg vanaf 10vm.

Verskeie kunstenaars sal deur die loop van die dag optree en ‘n skoonheidskompetisie word beplan.

Vir meer inligting oor stalletjies en die toegangsfooi kan Ti-Hana Rudolph by 082 708 9897 gekontak word.



LEES OOK: 

Akteur se droom word bewaarheid

LEES OOK: 

Kleuter wat by skool wurg steeds kritiek

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button