Local newsNews

Vullisverwyderaars moet ook hul kant bring

Ek sorteer my vullis en plaas my plastiek en papier in aparte sakke.

Anton van Zyl skryf per e-pos:

Met verwysing na ‘n artikel op die Brakpan Herald se webtuiste en Facebookblad (City encourages residents to use their 240L wheelie bins).

Dit is vir my half vermetel dat so ‘n versoek aan die publiek gerig kan word.

Ek bring week na week my kant.

Ek sorteer my vullis en plaas my plastiek en papier in aparte sakke wat ek bo op my drom plaas. Dít doen ek sodat daar nie in my asblik gegrou word nie.


LEES OOK: Donate to Lifeline’s charity shop


Maar nee, die swartsak, waarin die ander vullis is, word gesteel en dan word die goed (ook nie altyd nie) terug gegooi in my drom.

So ek sit met ‘n vuil asblik. Ek neem kennis dat ek nie ‘n swartsak moet gebruik nie maar ek wil ook nie elke week met ‘n smerige blik sit nie.

Ek sou ook ‘n dringende versoek rig dat Ekurhuleni, wat die inwoners so teregwys, ook met hul werknemers sal praat. Dit is geen geheim dat hulle nie ‘n dooie duit omgee of die asblikke gebreek word nie.

Dit is maklik om te sê dat die asblikke vervang sal word indien dit gesteel of gebreek is.
Almal het nie die tyd om deur daardie proses te gaan nie.


LEES OOK: Dalwer atlete reg vir Gauteng uitdaging

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button