Local newsNews

Marfan-sindroom kry 18-jarige nie onder

Braam is een van drie in diè streek wat met dit gediagnoseer is.

‘n Seldsame diagnose het die 18-jarige Braam Delport van Brakpan-sentraal se lewe in Augustus 2021 onherroeplik verander maar is hy vasbeslote dat dit hom nie sal onderkry nie.

“Die Here het die siekte met ‘n doel op my pad gesit en ek gaan my bes probeer om uit te vind wat daardie doel is,” vertel Braam vriendelik.

Hy woon al sy hele lewe lank saam met sy gesin in Brakpan en hy het verlede jaar matriek aan Muriel Brand Skool geskryf. Braam is geurende Augustusmaand met Marfan-sindroom gediagnoseer.

Marfan-sindroom is ‘n genetiese afwyking wat die bindweefsel van die liggaam beïnvloed. Verbindingsweefsel hou al die liggaam se selle, organe en weefsel bymekaar.


LEES OOK: Last-minute back-to-school checklist


Dit affekteer meestal die hart, oë en skelet en tans is daar nie ‘n geneesmiddel daarvoor beskikbaar nie. Een uit elke 5 000 mense word met Marfan-sindroom gediagnoseer.

Dit is juis die seldsaamheid daarvan wat onsekerheid vir Braam en sy geliefdes kweek. Sedert die diagnose het hy 16kg verloor en sy spraak is reeds aangetas.

“Geloof is die enigste ding wat my positief hou,” vertel Braam.

Op skool het hy aan netbal, boogskiet en diskus deelgeneem. Hy wag tans vir sy matriek uitslae wat op 21 Januarie vrygestel sal word. Braam wil in 2023 onderwys aanlyn studeer en glo dat hy ‘n slag met kinders het.


LEES OOK: Five unexpected things people discover in retirement


“Ek het as kind reeds geweet dat ek ‘n onderwyser wil word,” het hy gesê.

In sy vrye tyd teken hy graag karikature en beoefen skryfkuns. Braam is baie lief vir mense en wil graag ander inspireer.

“Ek wil my storie met almal deel om ‘n verskil te bring sodat ons mekaar kan bystaan en ondersteun tydens sulke moeilike tye. Ek is wel met Marfan-sindroom gediagnoseer maar dit keer my nie.

“Ek gaan nie lê nie, ek gaan aanhou hardloop totdat ek my einde van my lewe se wedren vind en wys dat ek kon,” het Braam gesê.”

Related Articles

Back to top button