Local newsNews

Egpaar vier 55ste huweliksherdenking

Niks kry dié egpaar onder nie en hulle geheim tot ‘n gelukkige huwelik is vertroue.

‘n Egpaar van die Goldreef Village Aftree-oord Frans (76) en Spiekie (75) Fouche het op 17 Desember hulle 55ste huwelikherdenking gevier.

Die Fouche-gesin is sedert 1977 inwoners van Brakpan en is tot vandag toe nog baie gelukkig in die dorp.

Spiekie het vir 18 jaar by die Laerskool Dalview as sekretaresse gewerk, waarna sy haar op laser terapie in skoonheid toegespits het.

Frans was vir 25 jaar ‘n projekbestuurder waar hy in beheer was van die oprigting van skoue. Hy het regoor Afrika projekte bestuur maar het in 2019 afgetree.

“Ek is met die wonderlikste man getroud,” het Spiekie gesê.

Die egpaar beweer dat hulle liefde beslis met die eerste oogopslag begin blom het. Hulle het mekaar in 1964 by ‘n troue ontmoet en Frans het daardie aand al geweet dat Spiekie sy toekomstige vrou gaan wees.

Uit die huwelik is drie kinders gebore waarvan hul enigste seun op ‘n jong ouderdom in ‘n motorfietsongeluk oorlede is.

Hulle is ook geseën met ‘n kleinkind. Deesdae hou Spiekie haarself besig met lees en tuinwerk en Frans is lief daarvoor om tyd op die gholfbaan deur te bring.

Niks kry dié egpaar onder nie en hulle geheim tot ‘n gelukkige huwelik is vertroue.

“Om mekaar te vertrou is baie belangrik,” het Spiekie gesê.


LEES OOK: 

2022 New Year’s resolution: celebrate everyday

LEES OOK: 

Book Club – Our top three beach reads

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button