Local newsNews

Jo Black praat met Dalwers oor boeliery

Die bekende vermaaklikheidspersoonlikheid Jo Black is Dinsdagoggend met ope arms by die skool ontvang. Hy het die leerders toegespreek en ook die geleentheid gekry om sy handdruk op die nuwe boelie-muur te maak.

Boeliery in enige skool is ‘n groot uitdaging. In 2016, het Laerskool Dalview ‘n boelie-projek van stapel gestuur met Corinne Viljoen, wat destyds die voorsitter van die beheerliggaam was, aan die stuur van sake.

Dit het afgeskop as ‘n leerlingraadprojek met die doel om bewusmaking te skep onder die leerders en hulle in te lig oor watter stappe gevolg moet word in so ‘n situasie waar boeliery plaasvind.

Destyds toe die boelie-projek momentum gekry het, het elke leerder die geleentheid gekry om sy of haar handdruk op die muur te plaas.

Dit het gesimboliseer dat die leerders ‘n belofte maak om op te staan teen boeliery. Daar is onlangs besluit om die muur ‘n bietjie op te kikker en die skool het dit goed gedink om ook ‘n voorstander teen boeliery te betrek om met die leerders te gesels.

Simba Tomato Sauce voted out in SA’s #SaveYourFlava campaign

Die bekende vermaaklikheidspersoonlikheid Jo Black is Dinsdagoggend met ope arms by die skool ontvang. Hy het die leerders toegespreek en ook die geleentheid gekry om sy handdruk op die nuwe boelie-muur te maak.

Jo Black het vertel van die nie-winsgewende organisasie wat hy vyf jaar gelede op die been gebring het.
Dit heet Be that guy/girl (BTG).

“Ek het in die afgelope vyf jaar sowat 850 skole regoor Suid-Afrika besoek met die doel om kinders in nood te help,” het Jo Black gesê.

“Ek het ook ‘n paar jaar terug ‘n toep ontwikkel vir kinders om te sê, `ek is nie okay nie’. Hierdie toep laat kinders toe om anoniem hulp te kry of iemand anders te rapporteer.

“Indien ek so ‘n versoek ontvang word daar dan tussen my en die skool ‘n plan van aksie in werking gestel,” het Jo Black verduidelik.

Hy het bygevoeg dat dit ‘n liefdadigheidsprojek is en dat enige inkomste daaruit aan beraders geskenk word.

“Dit is my diens aan skole,” het hy gesê.

“Ek het hierdie projek in plek gestel as ‘n ouer, ‘n ouer van ‘n kind wat geboelie word. Ek moes intree om seker te maak dat my kinders en ander kinders ‘n hulplyn het.

“Elke skool, onderwyser en ouer moet hande vat met die kinders. As ons hulle nie gaan beskerm nie, wie gaan?”

Jo Black se voorneme is om oor twee jaar hierdie toep by elke skool in plek te hê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button