Local newsNews

Gemeenskap projek gaan reguit kop toe

Inwoners van die dorp wat nie altyd ’n haarsny kan bekostig nie kon Maandag aanklop by die Barber Shop in Prince Georgelaan vir ’n groot bederf.

Inwoners van die dorp wat nie altyd ’n haarsny kan bekostig nie kon Maandag aanklop by die Barber Shop in Prince Georgelaan vir ’n groot bederf.

Die bestuurder van die besigheid, Wahlan Maroni (33), het gesê almal het die reg om mooi en goed te voel en was baie tevrede nadat sowat 50 kliënte bederf is.

Chenè Ferguson, die eienaar, het vertel dat dit vir haar lekker was om te sien watter verskil die besigheid kon maak deur iets so klein soos ’n koppie sop en ’n goeie haarsny aan te bied.

Boonop het elke kliënt ook met ’n klein geskenkie weggestap.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button