Local newsNews

Bekende gimnasium bestuurder oorlede

Hy was altyd vriendelik, snaaks, wys, hardwerkend en nederig.

Die bestuurder van Vita Fit gimnasium in Dalview, George Stander (68), is op 9 Julie aan hartversaking oorlede.
Stander was die afgelope nege jaar die bestuurder van die gymnasium.

Hy was die pa van sewe dogters, La’Jean Stander (46), Flooi Vorster (39), Marelize Stander (37), Ilna Stander (36), Lemé Stander (32), Lara Liebenberg (27) en Kyla Liebenberg (21).

“My pa was iemand wat vol gees was en wat alle take met entoesiasme aangepak en voltooi het. Hy was altyd vriendelik, snaaks, wys, hardwerkend en nederig,” het Lara vertel.

Sy vrou, Charlea Stander (51), het vertel dat haar man se grootste droom was om al sy kinders op ’n Saterdag by die huis te hê vir ’n braai.

George sal altyd onthou word vir sy legendariese insette in die fiksheid industrie, asook die sielkundige insig wat hy met soveel mense gedeel het.

“Hy het baie mense laat lag. Hy was die tipe persoon wat iemand die waarheid vertel het en wat feite nie verdraai nie,” het Charlea vertel.

“George het ’n spoor gelos waar hy gegaan het, hy los ’n groot leemte wat nie gevul kan word nie.”

Related Articles

Back to top button