Editor's noteLocal newsNews

Drank word verkoop ten spyte van inperking

Drank is oop en bloot aan mense gegee.

Inwoner skryf per e-pos
Ek het op 19 Junie na ‘n slaghuis in Voortrekkerweg gery om vleis te koop vir Vadersdag.
Ek kon ‘n parkering kry oorkant ‘n drankwinkel. Groot was my verbasing toe ek sien hoe bottels drank, toegemaak in swart sakkies, deur die deur na mense aangegee word.
Op pad huis toe het ons verby ‘n drankwinkel in Goodsweg gery. Die deure was wawyd oop en ‘n man het uitgestap met ‘n liter bottel bier. Hy het dit nie eens probeer wegsteek nie.
My vraag is dit: is dit regverdig teenoor die ander drankwinkels in die dorp wat wel die reëls volg?
Waar is die wetstoepassers om te sorg dat almal vlak drie se reëls nakom?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button