Local newsNews

Goeie uitslae by Die Anker se Olimpiese Spele

“Die gees by die byeenkoms was uitstekend en die Ankers het dit baie geniet.”

Die Anker het onlangs ’n interne atletiekbyeenkoms aangebied.

Die byeenkoms was ’n nabootsing van die Olimpiese Spele, waartydens elke voogklas ’n land verteenwoordig het.

“Met Covid-19-regulasies nog in plek, moet skole kreatief wees en uit die boks dink om nog steeds atlete die geleentheid te bied om deel te neem,” het ’n woordvoerder van die skool gesê.

ALSO READ:

Sangskool spog met goeie welslae by die Dell’Arte Kunstefees

“Die gees by die byeenkoms was uitstekend en die Ankers het dit baie geniet.

“Alhoewel so min skole atletiek wat verlede jaar en dié jaar plaasgevind het, was die atlete se prestasies ongelooflik.”

Die top atlete vir die dag, volgens die Absa-tabel, was Krizé Joubert (junior victrix ludorum), Ettienne Smit (junior victor ludorum ), Caitlin Bester (senior victrix ludorum) en Nantus Joubert (senior victor ludorum).

Die graad nege A voogklas het skoonskip gemaak en was wenners van al drie afdelings, naamlik die seuns wenners, dogters wenners en algehele wenners.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button