NewsSchools

Tassies verbly kinderharte

Solidariteit Helpende Hand slaag daarin om jaarliks duisende tassies regoor die land te versprei.

Solidariteit Helpende Hand se Brakpan-tak het onlangs 88 kinderharte verbly toe hul elk ‘n skooltassie propvol skryfbehoeftes ontvang het.

Die tassie-projek bestaan reeds vir die afgelope 13 jaar en Solidariteit Helpende Hand slaag daarin om jaarliks duisende tassies regoor die land te versprei.

Daar word gereeld navorsing gedoen om seker te maak dat die inhoud van die tassie voldoen aan meeste van die skole se skryfbehoefte vereistes. Die waarde van so ’n tassie met die inhoud is ongeveer R250.

“Die eerste skooldag van groot skool is ‘n reuse uitdaging vir enige kind en selfs nog meer wanneer ouers nie al die nodige skryfbehoeftes kan bekostig nie,” het Esmé Strauss voorsitter van die Brakpan-tak van Solidariteit Helpende Hand verduidelik.

“Die skooltassie projek is ‘n nasionale projek waardeur daar alreeds 32 000 tassies aan graad een leerders geskenk is.

“Die projek stel behoeftige graad een leerders in staat om hul skool loopbaan op gelyke voet met hul maats te begin,” het Esmé gesê.

Belinda Coetzer (links), onder-voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Brakpan-tak het tassies aan leerders van Laerskool Die Arend gaan oorhandig. Saam met haar in die foto is Elri Bradford.
Graad eens van die Laerskool Dalview het ook tassies ontvang. Annemie de Bruyn (regs) van die skool het die tassies van Belinda Coetzer ontvang.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms: 

 Follow us:

     

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button