Local newsNews

Snaakse oefenvideos is ‘n weghol sukses

 “Brakpan Bokslagter het een doel om te bereik en dis om mense te maak lag en die ligter kant van die lewe te sien, dis ‘n Covid vrye zone.”

Drie jong mense van die dorp wat tong-in-die-kies oefenvideos met ‘n Brakpan geurtjie maak en dit op sosiale media laai, staan verstom oor die reaksie wat dit uitlok.

Ruan Cronje (26), of te wel Die Brakpan Bokslagter soos hy bekend staan, se derde video is al meer as 170 700 keer op Tiktok gekyk.

“Om te sê jy kom van Brakpan werk so goed soos ‘n ‘kom gratis uit die tronk kaartjie’,” sê dié grapjas.

Ruan, en sy twee “mede sterre” in die videos, Monique Smit (26) en Kristen Swart (26), woon in Kenleaf.

Die drie het een aand gesels en gelag oor oefenvideos wat gemaak is tydens die 21 dae inperking in 2020.
Ruan vertel hoe hy ‘n grap gemaak het en gesê het “verbeel julle ons laai dit op sosiale media en ons word beroemd”.

“Ek het so twee weke gelede ‘n middagslapie gehad en gedroom dat ons videos maak en net daar en dan het ons besluit om dit te doen,” vertel Ruan.
“Ek het gemeen as ons ons name gaan plank dan plank ons dit maar in Brakpan,” het Ruan laggend vertel.

Die drie staan bekend as die Brakpan Bokslagter, Tielie en Tersia Turfjakels op sosiale media. Die name kom glo al agt jaar saam hulle en het op universiteit begin.
Hulle sit nie veel beplanning in die videos in nie. Hulle sal aan ‘n sêding of twee dink en van daar af laat hulle hul verbeelding oorneem.

Die eerste Brakpan Bokslagter video is op die 27 Januarie opgelaai en is al 22 600 keer gekyk.
Die tweede video is op 29 Januarie opgelaai en is al 16 800 keer gekyk. Die derde video het hulle op 3 Februarie opgelaai en dit het die wind uit hulle seile gehaal toe hulle sien die video is al meer as 170 700 keer gekyk.

“My grootste droom is om ‘famous’ te wees eendag,” vertel Ruan.

“Brakpan Bokslagter het een doel om te bereik en dis om mense te maak lag en die ligter kant van die lewe te sien, dis ‘n Covid vrye zone,” verduidelik Ruan.

“In die grootmens lewe moet jy soms preuts wees en altyd ‘n voorbeeld stel, so dit is lekker om nou en dan net ons hare te laat sak,” vertel Kristen.

“Toe die eerste video opgelaai is het ons gedink ons sal dalk so 100 mense kry wat die video kyk en het natuurlik gevrees vir wat my ma gaan dink,” vertel Ruan laggend.
Brakpan Bokslagter het nog bitter min mense gekry wat negatiewe kritiek lewer.

Dit word egter vinnig reggestel deur aanhangers wat hul humor en die konneksie met Brakpan verstaan.
“Dis lekker om te weet ons kan Brakpan verteenwoordig,” vertel Ruan.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing:

Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za  

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button