Local newsNews

Inwoners moet saamwerk en hul kant bring

Van die inwoners hier hou self die sypaadjie voor hul huise in stand.

Dankbare Inwoner skryf per e-pos:

Ek wil graag die Dalpark Huiseienaarsvereniging bedank vir die sny van die gras van Dalpark se parke. Dit is veral die inwoners in Magnolia- en Proteastrate wat baie dankbaar is.

Van die inwoners hier hou self die sypaadjie voor hul huise in stand.

Daar is wel sommige inwoners wat dit nie doen nie en hulle sypaadjies is in ’n toestand.

Ek wil ’n beroep op elkeen doen om asseblief saam te werk en jou deel te doen.

Dit kan net tot voordeel van ons almal wees om ons eie sypaadjies en dele van die die parkie voor ons huise netjies te hou.

Dalpark Proper was nog altyd ’n baie netjiese uitbreiding. Kom ons as inwoners werk saam en hou dit so.

Nogmaals dankie aan die Dalpark Huiseienaarsvereniging vir julle inisiatief.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

 
Back to top button