Local newsNews

Dubbele seëning vir egpaar

Karli is gaande oor haar boetie en volgens Johandri is sy ’n regte moederhen.

 Om twee van jou kinders se geboortedag op dieselfde dag van die jaar te vier is nie té ongewoon nie, maar wanneer albei op die eerste dag van die jaar gebore word, is daar tog rede om breed te glimlag.

En dit is presies wat Jannie (26) en Johandri (25) van der Vyfer van Brenthurst sedert 1 Januarie doen.

Hul tweede kind, Jandré, is so 9.35vm gebore op die dag wat sy sussie, Karli, haar tweede verjaarsdag vier.

“Dit was destyds vir ons spesiaal toe Karli op Nuwejaarsdag gebore is en toe my ginekoloog my meedeel dat Jandré ook sy opwagting op Nuwejaar sou maak was dit ’n groot verrassing,” het Johandri gesê.

Jannie en Johandri van der Vyfer saam met hul kinders Karli en Jandré wat albei op 1 Januarie gebore is.

Volgens haar was nie een van hul kinders beplan nie en is die toeval eintlik groot.

Jandré , wat met ’n keisersnee in die lewe gebring is, het 3.26kg.

Daar was bietjie kommer toe hy vir die eerste paar dae in die intensiewe sorgeenheid weens ’n longinfeksie behandel moes word, maar hy is intussen ontslaan en dit gaan goed met hom.

Karli is gaande oor haar boetie en volgens Johandri is sy ’n regte moederhen.

“Ons is gelukkig in die sin dat ons voortaan net een partytjie hoef te hou, maar aan die ander kant moet ons dubbel geskenke koop,” het Johandri vertel.

Benewens dit vier Jannie ook sy verjaarsdag net elf dae later, op 12 Januarie.

Die eerste 12 dae van Januarie gaan voortaan altyd bedrywig wees in die Van der Vyfer huishouding.

Jandré van der Vyfer is op 1 Januarie gebore.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button