CrimeEditor's noteNews

Diewe plunder en steel by begraafplaas

Van die grafte is bloot net oopgebreek, maar in sommige van die gevalle is die as van die oorledenes verwyder.

Die administratiewe gebou by die Brakpan Begraafplaas was Saterdagnag die teiken van inbrekers.

Die gebou is erg geplunder voordat die inbrekers met talle items uit die gebou op die vlug geslaan het.

Benewens die waarde van die gesteelde goedere is daar massiewe skade aan die gebou aangerig.

’n Vensterraam, aan die voorkant van die gebou, is uit die muur gebreek, wat daarop dui dat die inbrekers vir ’n lang tyd ongestoord hul plunder werk gedoen het.

Die plafon in die gebou is ook op verskeie plekke uitgebreek, staaldeure is oop gebuig, slotte is afgebreek of oop forseer, ’n wasbak is uit die muur gebreek, waterpype en krane is gesteel en papierwerk en ander kantoor toerusting is uit kaste en laaie gegooi.

Dit blyk dat die booswigte onder andere met rekenaars, tuingereedskap, ’n mikrogolfoond, skoonmaakmiddels en beskermende kleredrag van die werkers op die vlug geslaan het.

Lees: KYK: Man wat op graf bly in hospitaal opgeneem vir waarneming

Werknemers het Sondagoggend vroeg opgedaag en was verslae oor die groot skade wat aangerig is.

Dié voorval was egter nie die eerste in so min as twee weke nie.

Verlede Woensdagnag het diewe ’n sloot gegrou om ’n ondergrondse kragkabel te steel. Die oortreders het ’n sloot van ongeveer vyf meter gegrou om die kabel te steel.

Sowat twee weke gelede is ongeveer 40 grafte, waarin die as van oorledenes geplaas word, oopgebreek.

Al die bedrading is ook uit ’n kragboks, wat aan die buitekant van die gebou is, gesteel.

Sinkplate, op ’n staal afdak vir motors, is ook weggedra.

Sowat twee weke gelede is ongeveer 40 grafte, waarin die as van oorledenes geplaas word, oopgebreek.

Van die grafte is bloot net oopgebreek, maar in sommige van die gevalle is die as van die oorledenes verwyder.

Al die voorvalle is by die SAPD aangemeld en word ondersoek.

David Nzolo, wat sedert 2009 by die begraafplaas werksaam is, staan in die sloot wat diewe verlede Woensdagnag gegrou het om ‘n kragkabel te steel.
Werknemer David Nzolo wys na ‘n wasbak wat uit ‘n muur geruk is. Die inbrekers het dit agter gelaat.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

.

Related Articles

 
Back to top button