Local newsNews

Dorp se bekende Ouma Doep (102) oorlede

Sy was die afgelope tyd nie baie gesond nie en drie oppassers het dag en nag na haar omgesien.

Sue du Plessis, of ouma Doep soos wat baie mense haar ken, is gister (Dinsdag) in die ouderdom van 102 jaar oorlede.

Die bekende en geliefde inwoner is in haar blyplek by Tweedy Park, waar sy seder 1980 gewoon het,oorlede.

Volgens haar kleindogter Lorraine Kotze is sy in haar slaap oorlede.

Sy was die afgelope tyd nie baie gesond nie en drie oppassers het dag en nag na haar omgesien.

Ouma Doep het voorheen aan die Herald gesê dat haar goeie lewe te wyte was aan haar man, Ben, met wie sy 63 jaar getroud was.

Sy het graag vertel hoe goed haar man vir haar gesorg het en dat hy seker gemaak het dat die egpaar ’n goeie lewe gehad het.

Ouma Doep  het ook geglo dat mens gesond moet eet en dat rook en drank beslis taboe is.

‘n Roudiens vind môre (Donderdag) by die GE Funerals Kapel om 11vm plaas.

Lees: Ouma Doep word 102 jaar oud

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button