Editor's noteNewsSchools

Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg

Ané het ’n monoloog geskryf, opgevoer en virtueel ingestuur.

Leerders moes vanjaar noodgedwonge groot aanpassings maak om steeds hul talente uit te leef.

Een so leerder is Ané de Bruyn, ’n graad 12 leerder aan Hoërskool Die Anker.

Nadat die kultuuraktiwiteite gestaak is as gevolg van die pandemie, het die ATKV-Tienertoneel tog besluit om virtueel voort te gaan om jong akteurs die geleentheid te gee om hul toneel talent te beoefen.

Leerders moes ’n self-geskrewe monoloog inhandig, waarna hul dit moes rolspeel, opneem en instuur vir beoordeling.

Dit was veronderstel om die begaafde Ané de Bruyn se laaste toneeljaar te wees.

Lees: Ankers vaar goed by Interdorp redenaarskompetisie

Sy was al goed ingestudeer in die hoofrol in die toneelstuk wat die skool sou inskryf vir die landswye ATKV-Tienertoneelkompetisie toe die pandemie uitgebreek het.

Dit het haar egter nie gekeer om in te spring en deel te neem aan die nuwe formaat van die kompetisie nie.

Sy het ’n monoloog geskryf, opgevoer en virtueel ingestuur.

Hoërskool Die Anker is trots op Ané, wat ’n brons toekenning losgeslaan het.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button